Introspeksie
Reflekteer:
1. Identifiseer ’n area in jou lewe waar jy sukkel om jou met God se uitspraak te vereenselwig en nie ’n verwagting van “oorvloed” het nie. Oordink die verskil wat dit in jou lewe kan maak indien jy jou denke in hierdie area vernuwe.
2. Sal jy, in geloof, ’n paar ekstra “kruike” uitsit? Om jou te help om verwagting te bou, sit jou “kruike” prakties uit deur vir God ’n brief te skryf en dit dan iewers te bêre. Maak ’n nota op jou selfoon om jou te herinner om dit oor ’n maand weer te lees.
Iets om oor na te dink:
1. Verduidelik hoe Jesus die sleutel tot God se uitspraak oor jou lewe is.
2. Waarna word verwys as die Bybel van die “ewige lewe” praat?
3. Wat leer jy by die weduwee in 2 Konings 4 oor verwagting? Watter verskil maak verwagting in jou geestelike lewe?