Introspeksie

Reflekteer:

1. Hoe gereeld is jy geneig om na jouself in die spieël van die wet te kyk? In watter areas van jou lewe wys dié spieël vir jou jy is nie goed genoeg nie?

2. In watter mate het jy al in die spieël van Christus die heerlikheid van God se opinie oor jou raakgesien en jou eie gemaak?

Iets om oor na te dink:

1. Beide die wet en Jesus is ’n spieël. Wat sien jy as jy in elkeen van hierdie spieëls kyk? Hoe word jou lewe beïnvloed deur jou keuse van spieël?

2. Onderskei die verskil in die Ou en Nuwe Testamentiese betekenis van die begrip heerlikheid met spesifieke verwysing na Moses en Christus.

3. As Jesus die proto is wat definisie gee aan jou lewe, in watter opsig verander jy om meer gelykvormig aan Hom te wees?