Introspeksie
Reflekteer:
1. Is daar enige woorde wat iemand oor jou lewe gespreek het wat jou weerhou van God se doel vir jou lewe?
2. Watter areas van jou lewe word nog deur ’n “Slangetjies en Leertjies”-belewenis gekarakteriseer?
3. Het jy reeds volkome ontdek dat jy ingesluit is in die oorwinning wat Jesus namens jou behaal het? Watter impak het jou antwoord op jou lewe?
Iets om oor na te dink:
1. Waarom is die Engelse rympie “Humpty Dumpty” eintlik ’n metafoor van die toestand van die mensdom en van die evangelie?
2. Die krag van identifikasie word duidelik in mense se reaksie op die oorwinning van ’n sportspan gesien. Hoe sou dit wees as jy werklik sou identifiseer met die oorwinning van Jesus aan die kruis?
3a. Illustreer met persoonlike voorbeelde die toepaslikheid van die stelling: “Baie Christene se geestelike lewe kan vergelyk word met die ‘Slangetjies en Leertjies’-spel.”
3b. Hoe behoort jou geestelike lewe te lyk as jy die Evangelie reg verstaan?