Tietel 2

Om die Evangelie te verstaan, is om te ontdek wie Jesus Christus is en om te besef dat Hy nie slegs vir jou ’n voorbeeld is nie, maar dat Hy ’n voorbeeld van jou is. Omdat Hy tot die dood toe gehoorsaam was, het Hy jou bevry van jou identiteit in Adam en kan jy nou jou ware identiteit in Hom ontdek.

Dit is hierdie geheimenis wat jy ontdek wanneer die Heilige Gees aan jou openbaar wat Jesus Christus werklik aan die kruis gedoen het.

 

Die Evangelie is tot die voordeel van die mensdom, maar nie almal verstaan dit nie. Dit is soos ’n berg wat deur digte mis verberg is.

Jou verlossing is reeds ’n realiteit, ’n afgehandelde feit in Christus. God het klaar afgereken met alles wat die mens van God se volmaakte intensie vir sy lewe sou weerhou.

 

Die mis wat die mens verhoed om ’n openbaring van die verlossing te hê, is die blootstelling aan die gebroke wêreld, en die invloede en stemme van die wêreld.

Een van die aspekte wat bydra tot hierdie mistigheid, is ’n godsdienstige agtergrond.

Ongelukkig bevestig die kerk dikwels die mens se skuld en skaamte eerder as sy verlossing.

Gevoelens van skuld, skaamte, minderwaardigheid en onvermoë het ’n effek op die mens. Die poging om die wet te onderhou, het die mens net meer bewus gemaak van sy onvermoë.

Baie mense hou hulle besig met godsdienstige aktiwiteite, maar het nog nooit die lewe ontdek waarin hulle deel kan wees van die familie van God nie.

 

Jy het openbaringskennis nodig om die volheid van die Evangelie te verstaan.

Paulus was ’n baie godsdienstige Fariseër en hy het geleef volgens dít wat volgens hóm reg was, en daarom het hy die Christene van destyds vervolg.

 

Eers toe hy die waarheid ontdek en die Evangelie verstaan, het hy besef dat almal insig, naamlik openbaringskennis, nodig het.

Paulus het ontdek dat daar niks is wat hy kan doen of tot sy verlossing kon bydra nie, want dit is reeds alles vir hom gedoen!

In Matteus 16 vra Jesus vir sy dissipels: “Wie julle is ek?” Petrus kry ’n openbaring wat so kragtig is dat dit sy hele identiteit verander: “U is die Christus, die seun van die lewende God!”. Jesus maak dan dié verklaring oor sy lewe:

…Salig is jy, Simon Bar-Jona, want vlees en bloed het dit nie aan jou geopenbaar nie, maar my Vader wat in die hemele is. En Ek sê ook vir jou: Jy is Petrus, en op hierdierots sal Ek my gemeente bou, en die poorte van die do- deryk sal dit nie oorweldig nie.

Matteus 16:17-18

 

Jesus gee erkenning aan die openbaring: Hierdie rots, naamlik die openbaring dat Jesus die CHRISTUS is, is so geweldig dat Jesus sy kerk daarop sou bou.

Die oomblik wanneer jy ontdek wie Jesus is, het ’n reuse effek op jou eie lewe, want dan ontdek jy jouself in Hom. Hy word die spieël wat definisie gee aan wie jy is.

Hierdie openbaring gee jou ’n nuwe identiteit en jy ontdek wat God se roeping, plan en drome vir jou lewe is.

…Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor en in die hart van die mens nie opgekom het nie, wat God berei het vir die wat Hom liefhet.

1 Korintiërs 2:9

Hierdie Skrif verwys nie na die hemel nie, maar na die wonder van alles wat by jou verlossing ingesluit is.

Honderde jare voor Jesus sterf, profeteer Jesaja:

Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy won- de het daar vir ons genesing gekom. Maar dit het die Here behaag om Hom te verbrysel; Hy het Hom krank gemaak; as sy siel ’n skuldoffer aange- bied het, sal Hy ’n nakroos sien; Hy sal die dae verleng, en die welbehae van die HERE sal deur sy hand voors- poedig wees.

Jesaja 53:5,10

Jesus het geweet daar sou ’n groot oes op sy kruisdood wees. Jy is nou die skougrond van die triomf van die kruis, die trofee van sy oorwinning en die nageslag waarvoor Jesus sy lewe gegee het.

Die sleutelvraag is dus: Wie is Jesus vir jou en hoe verstaan jy jou verlossing?

Lesson Content
0% Complete 0/2 Steps